Ammoniumpersulfaat
Ammoniumpersulfaat of ammoniumperoksidisulfaat is 'n sout van die basis ammoniak en perswaelsuur. Dit het die chemiese formule (NH4)2S2O8. KristalstruktuurAmmoniumpersulfaat kristalliseer in 'n monokliniese struktuur wat die argetipe van die K41-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[2] Die struktuur bestaan uit tetraëdriese ammoniumione en persulfaatione (S2O82−) wat bestaan uit twee SO4-tetraëders wat deur 'n peroksiedbinding -O-O- met mekaar verbind is. Chemiese eienskappeAmmoniumpersulfaat is 'n oplosbare sterke oksideermiddel. Die standaardreduksiepotensiaal vir die reaksie:
is +2,1 V. Dit is effens minder as osoon s'n (+2,2 V), maar meer as waterstofperoksied s'n (+1,7 V) of permanganaat s'n (1,7 V).[3] By verhitting ontbind dit in swael- en stikstofoksiede.[1] Dit is 'n outoredoksreaksie waarin die stikstofatoom van die ammoniumioon deur die persulfaatioon geoksideer word. Die verbinding word deur elektrolise van oplossings van ammoniumsulfaat[4] of ammoniumwaterstofsulfaat verkry. GebruikeDit word as reukverwyderende skoonmaak- en bleikmiddel gebruik. Ander gebruike is in voedselpresevering, elektroplatering en die skoonmaak van gedrukte stroombaanborde.[1] Verwysings
|