Plurinasionale Staat Bolivië Wuliwya Suyu (Aymara) Tetã Blúrinasionál Volívia (Guaraní) Buliwya Achka Nasyun Mama Llaqta (Quechua) Estado Plurinacional de Bolivia (Spaans)
1. 31 andere Indiaanse tale word sedert 2009 as amptelike tale erken. 2. La Paz is die setel van die regering en Sucre is die amptelike hoofstad.
Bolivië (Aymara: Wuliwya Suyu; Guaraní: Tetã Volívia; Quechua: Bulibya Mamallaqta; Spaans: Bolivia; genoem na Simón Bolívar), amptelik die Plurinasionale Staat Bolivië (Aymara: Wuliwya Suyu; Guaraní: Tetã Blúrinasionál Volívia; Quechua: Buliwya Achka Nasyun Mama Llaqta; Spaans: Estado Plurinacional de Bolivia), is 'n landingeslote land in Suid-Amerika. Bolivië beslaan 'n oppervlakte van 1 098 581 km² en het 'n bevolking van 11 428 245 in 2019 gehad. Bolivië is landgebonde en word begrens deur Brasilië in die noorde en ooste, Paraguay en Argentinië in die suide, asook Chili en Peru in die weste. Die hoofstad is Sucre (regterlik), die regeringsetel is La Paz (administratief) en die grootste stad is Santa Cruz.
Die Andesgebergte strek van noord na suid deur die weste van die land. Die land het ook ’n hooglandplato (Altiplano), heuwels en laagliggende vlaktes in die Amasonekom. Die gebied was eens deel van die Inkaryk en is in die 16de eeu deur die Spanjaarde verower. In 1825 het Bolivië onafhanklik geword.[6]