Hope4SADie korrekte titel van hierdie artikel is #Hope4SA. Die weglating van die # is as gevolg van tegniese beperkings. #Hope4SA is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in Januarie 2024 deur die Pastoor John Mathuhle in Bloemfontein gestig is. Die party het met sy stigting aangedui dat dit die 2024-verkiesing sal betwis rondom 'n visie van “positiewe verandering en eenheid”. [1] Volgens die party lê die kern van sy etos 'n toewyding aan Bybelse waardes en onwrikbare integriteit.[2] Die party is 'n Christelike politieke party, en is anti-aborsie, teen selfdegeslag huwelike, ten gunste van Christelike godsdiensonderrig in staatskole, en is pro-Israel.[3][4][5][6] Die party is 'n uitvloeisel van Time2Rise, wat homself as 'n beweging beskryf, buite die terrein van partypolitiek. Voormalige hoofregter van Suid-Afrika Mogoeng Mogoeng het tydens 'n Time2Rise-geleentheid in 2023 gepraat en gesê dat hy eendag Suid-Afrika se president sal word, sonder om dit deur 'n verkiesingsproses te betwis.[7] VerkiesingsuitslaeParlement
Verwysings
|