Kameroen
Kameroen (Engels: Cameroon, [kæməˈruːn]; Frans: Cameroun, [kamˈʁun], ), amptelik die Republiek Kameroen (Republic of Cameroon; République du Cameroun), is 'n unitêre republiek in Sentraal-Afrika. Dit grens aan Nigerië, Tsjad, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, die Republiek van die Kongo, Gaboen, Ekwatoriaal-Guinee en die Golf van Guinee. Nadat dit oorspronklik 'n Duitse kolonie was word dit na die Eerste Wêreldoorlog tussen die Franse en Britte verdeel. In 1960 word Frans-Kameroen 'n onafhanklike republiek en smelt in 1961 met die suidelike deel van Brits-Kameroen saam om die Federale Republiek Kameroen te vorm. Dit word in 1972 herdoop tot die Verenigde Republiek Kameroen en die Republiek Kameroen (Engels: Republic of Cameroon of Frans: République du Cameroun) in 1984 (die amptelike tale is Engels en Frans). Kameroen het meestal stabiliteit ervaar wat die land toegelaat het om landbou, paaie, en spoorweë, sowel as 'n petroleumindustrie te ontwikkel. Ten spyte van beweging in die rigting van politiese hervorming bly mag stewig in die hande van 'n etniese oligargie. GeskiedenisDie eerste inwoners van Kameroen was Pigmee-Bakastamme. Die Bantoetaalgroep het in die hooglande van Kameroen ontstaan, maar baie sprekers het uitgewyk voor buitelandse invallers na die gebied gekom het. Die eerste Europese kontak vind in die 16de eeu met die Portugese plaas, maar hulle bly nie. Die eerste permanente koloniale vestiging begin in die 1870's, met die Duitse Keiserryk wat die hoof Europese moondheid word. Met Duitsland se nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog word Kameroen 'n Volkebond-Mandaatgebied wat in 1919 in Frans-Kameroen en Brits-Kameroen verdeel word. Hierdie mandate word in 1946 in Verenigde Nasies-Trusteeskappe omskep. In 1960 verkry Frans-Kameroen onafhanklikheid en word die Republiek Kameroen. Die suidelike deel Brits-Kameroens sluit in 1961 aan. Ter selfde tyd word die res van Brits-Kameroen deel van Nigerië. Die nuwe koalisieregering word gelei deur Ahmadou Ahidjo wat toeslaan op rebellegroepe wat oorgebly het van voor onafhanklikheid. Ahidjo tree in 1982 uit en word opgevolg deur die huidige president, Paul Biya. Biya wen talle verkiesings, maar die regverdigheid van die verkiesings word in twyfel getrek. Die laaste verkiesing is op 7 Oktober 2018 gehou. PolitiekDie president van Kameroen het uitvoerende mag in die Kameroenregering. Hierdie bepaling is deel van die 1996-hervorming aan die grondwet wat aanvanklik in 1972 opgestel is. Die president word 'n breë verskeidenheid van magte gegee en kan dit uitvoer sonder om die Nasionale Vergadering te raadpleeg. Die Nasionale Vergadering bestaan uit 180 afgevaardigdes en vergader drie keer per jaar. Die hoofverantwoordelikheid van die vergaderings is om wette goed te keur, maar het selde enige wette verander of in die weg gestaan van nuwe wetgewing. Die regbank is ondergeskik aan die uitvoerende tak se Ministerie van Gereg. Die hooggeregshof kan die grondwetlikheid van 'n wet nagaan slegs op versoek van die president. ProvinsiesKameroen bevat tien provinsies:
GeografieLigging: Wes-Sentraal-Afrika, grensende aan die Bog van Benin, tussen Ekwatoriaal-Guinee en Nigerië. Die Tsjadmeer is in die noorde van die land en in die suidweste is die bekende Kameroenberg. Geografiese koördinate: 6° N 12° O Kaartverwysings: Afrika Oppervlak:
EkonomieVir 'n kwart eeu na onafhanklikheid was Kameroen een van die mees vooruitstrewende lande in Afrika. Die val in kommoditeitspryse vir die land se hoofuitvoerprodukte — petroleum, kakao, koffie en katoen — in die middel-1980's, gekombineer met 'n oorwaardeerde geldeenheid en ekonomiese wanbestuur, lei tot 'n dekade-lange resessie. Die reële BBP per capita val met meer as 60% van 1986 tot 1994. Die lopenderekening en fiskale tekort vergroot. Tog as gevolg van oliehulpbronne en voordelige landboutoestande het Kameroen steeds een van die bes-bedeelde primêre kommoditeitsekonomië in Afrika suid van die Sahara. Ten spyte van snelle verstedeliking is die enkel grootste ekonomiese aktiwiteit in Kameroen bestaansboerdery waarin byna die hele landelike bevolking werksaam is. DemografieKameroen se demografie bestaan uit 'n geskatte 250 afsonderlike etniese groepe, wat in vyf groot streekkulture verdeel kan word:
Kultuur
Verder sluit dit openbare vakansiedae wat rondskuif in:
OnderwysKameroen is bekend daarvoor dat dit een van die beste onderwysstelsels in Afrika het. Primêre onderrig is beide gratis en verpligtend. Statistiek dui aan dat 70% van alle kinders tussen 6-12 jaar skoolgaan. 79% van Kameroen se bevolking kan lees. Daar is in die laaste paar jaar 'n neiging vir al hoe meer van die beste studente om die land te verlaat om oorsee te studeer en hulle dan daar te vestig – die sogenaamde "breindrein". Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
|