Share to:

 

Sagittarius A

Sagittarius A (of Sgr A) is ’n komplekse astronomiese radiobron in die middel van die Melkweg in die sterrebeeld Boogskutter. Dit kan nie in sigbare golflengtes van die Aarde af gesien word nie weens groot wolke ruimtestof in die spiraalarms van die Melkweg.

Sgr A bestaan uit drie komponente, die supernova-oorblyfsel Sagittarius A-Oos, die spiraalstruktuur Sagittarius A-Wes en ’n baie helder, kompakte radiobron in die middel van die spiraal, Sagittarius A*. Die drie oorvleuel mekaar: Sagittarius A-Oos is die grootste, Wes is in Oos, effens van die middel af, en A* is in die middel van Wes.

Sagittarius A-Oos

Dié struktuur is sowat 25 ligjare in breedte en het die eienskappe van ’n supernova-oorblyfsel ná ’n ontploffing tussen sowat 35 000 en 100 000 v.C. Dit sou egter 50 tot 100 keer meer energie verg as ’n standaard-supernova om ’n struktuur van so ’n grootte en energie te skep. Daar word vermoed Sgr A-Oos is die oorblyfsel van die ontploffing van ’n ster wat gravitasioneel saamgepers is toe dit naby die sentrale swartkolk gekom het.

Sagittarius A-Wes

Sgr A-Wes lyk van die Aarde af soos ’n spiraal met drie arms. Die driedimensionele struktuur is egter nie dié van ’n spiraal nie; dit bestaan uit verskeie stof- en gaswolke wat om Sagittarius A* wentel en daarop val teen snelhede van tot 1 000 km/s. Die oppervlaklaag van die wolke is geïoniseer. Die bron van die ionisering is die massiewe sterre (meer as 100 OB-sterre is tot dusver geïdentifiseer) in die middelste parsek.

Sagittarius A*

Hoofartikel: Sagittarius A*.

Sterrekundiges glo daar is ’n supermassiewe swartkolk in die middel van die Melkweg[1] en dat dit waarskynlik in Sagittarius A* geleë is.[2] Daar is sterre wat teen hoër snelhede as ander sterre in die sterrestelsel om Sgr A* wentel. Een ster, S2, beweeg na raming teen snelhede van meer as 5 000 km/s op sy naaste afstand aan Sgr A*.[3]

Verwysings

  1. "Black hole confirmed in Milky Way". BBC. 9 Desember 2008. URL besoek op 2008-12-10
  2. Reynolds, C. (4 September 2008). "Astrophysics: Bringing black holes into focus". Nature. 455 (7209): 39–40. Bibcode:2008Natur.455...39R. doi:10.1038/455039a. PMID 18769426.
  3. http://www.eso.org/public/news/eso0226/

Eksterne skakels

Index: pl ar de en es fr it arz nl ja pt ceb sv uk vi war zh ru af ast az bg zh-min-nan bn be ca cs cy da et el eo eu fa gl ko hi hr id he ka la lv lt hu mk ms min no nn ce uz kk ro simple sk sl sr sh fi ta tt th tg azb tr ur zh-yue hy my ace als am an hyw ban bjn map-bms ba be-tarask bcl bpy bar bs br cv nv eml hif fo fy ga gd gu hak ha hsb io ig ilo ia ie os is jv kn ht ku ckb ky mrj lb lij li lmo mai mg ml zh-classical mr xmf mzn cdo mn nap new ne frr oc mhr or as pa pnb ps pms nds crh qu sa sah sco sq scn si sd szl su sw tl shn te bug vec vo wa wuu yi yo diq bat-smg zu lad kbd ang smn ab roa-rup frp arc gn av ay bh bi bo bxr cbk-zam co za dag ary se pdc dv dsb myv ext fur gv gag inh ki glk gan guw xal haw rw kbp pam csb kw km kv koi kg gom ks gcr lo lbe ltg lez nia ln jbo lg mt mi tw mwl mdf mnw nqo fj nah na nds-nl nrm nov om pi pag pap pfl pcd krc kaa ksh rm rue sm sat sc trv stq nso sn cu so srn kab roa-tara tet tpi to chr tum tk tyv udm ug vep fiu-vro vls wo xh zea ty ak bm ch ny ee ff got iu ik kl mad cr pih ami pwn pnt dz rmy rn sg st tn ss ti din chy ts kcg ve 
Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 
Kembali kehalaman sebelumnya