Suid-Ossetië (Osseties: Хуссар Ирыстон, Chussar Iryston; Georgies: სამხრეთი ოსეთი, Samchreti Osseti; Russies: Южная Осетия, Juschnaja Ossetija), amptelik die Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië[5][6] (Osseties: Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон, Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston; Russies: Республика Южная Осетия / Государство Алания, Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike[7][8] republiek,[9][10] sonder algemene internasionale erkenning.
Alhoewel Georgië nie beheer oor Suid-Ossetië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Suid-Ossetië as deel van Georgië, wie se grondwet ná dié gebied as die voormalige outonome distrik Suid-Ossetië verwys.[11]
Suid-Ossetië is in die suidelike Groter Kaukasus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Zchinwali. Suid-Ossetië beslaan 'n oppervlakte van 3 900 km² en het 'n bevolking van 56 520 in 2022 gehad. Suid-Ossetië grens in die noorde aan die Russiese deelgebied Noord-Ossetië-Alanië.
Soms word na Suid-Ossetië, Abchasië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys.[12][13] Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.
Politiek
Internasionale erkenning
VN-lidlande
Rusland erken Suid-Ossetië sedert 26 Augustus 2008 ná die Suid-Ossetië-oorlog van 2008.[14]
Nicaragua erken Suid-Ossetië op 5 September 2008.[15]
Venezuela erken Suid-Ossetië op 10 September 2009.[16]
↑(en) Olga Oliker, Thomas S. Szayna (2003). Faultlines of Conflict in Central Asia and the South Caucasus: Implications for the U.S. Army. RAND Korporasie. ISBN0-8330-3260-7.
↑(en) Emmanuel Karagiannis (2002). Energy and Security in the Caucasus. Routledge. ISBN0-7007-1481-2.
↑(en) Simon Saradzhyan (28 Maart 2006). "Kosovo wishes in Caucasus". International Relations and Security Network. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2008. Besoek op 23 Februarie 2008.
1. Land deels in Afrika. 2. Land deels in Europa. 3. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as die Kanaaleilande.