Suidoos-AsiëSuidoos-Asië
Suidoos-Asië is 'n geografiese gebied in die suidooste van Asië tussen die Indiese Oseaan in die suidweste en die Stille Oseaan in die noordooste. Dit is in die suide van China, in die ooste van Indië, in die weste van Nieu-Guinee en in die noorde van Australië geleë. Suidoos-Asië bestaan uit die vasteland van Indo-China, Thailand en Mianmar, die Maleise Skiereiland en die Maleise argipel (bestaande uit die eilande van die Filippyne, die Molukke en die Soenda-eilande). Met 'n landoppervlak van ongeveer 4,5 miljoen km² strek die gebied oor 35 lengte- en 50 breedtegrade. Behalwe vir Oos-Timor is al die lande lede van die ASEAN. Onafhanklike landeAfhanklike gebiede
Eksterne skakels
|