Vlag van Soedan
Die nasionale vlag van Soedan is op 20 Mei 1970 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n groen driehoek aan die vlagpaalkant met drie ewe wye horisontale bane in (van bo na onder) rooi, wit en swart aan die wapperkant. SimboliekDie kleure is dieselfde as die Pan-Arabiese kleure en elkeen het ’n eie betekenis. Groen stel vooruitgang en landbou voor, rooi stel die stryd, die martelare vir Soedan en die Groot Arabiese Land voor, wit stel Islam, vrede, optimisme, lig en liefde voor en swart stel Soedan en die Madhi-revolusie voor.[1][2] OntwerpDie vlag van Soedan is soortgelyk aan die vlag van die Arabiese Opstand, die verskille is dat die kleure op ’n ander manier gerangskik is. GeskiedenisMahdiste-opstandIn 1881, aan die begin van die Mahdiste-opstand, het die Mahdi Muhammad Ahmad vir Abdallahi ibn Muhammad as een van sy vier kaliefs aangestel en aan hom ’n swart vlag gegee.[3] Abdallahi het hierdie swart vlag gebruik om die Baggara-Arabiere en ander stamme van die weste te werf. Die ander kaliefs het ander kleur vlae gebruik.[4] Die swart horisontale baan in die huidige Soedannese vlag is ’n verwysing na die swart vlag van die Mahdiste-era.[5] Anglo-Egiptiese SoedanTussen 1899 en 1956 is Anglo-Egiptiese Soedan gesamentlik as ’n kondominium geadministreer deur Egipte en die Verenigde Koninkryk. Die kondominium het nie sy eie vlag gehad nie en het gebruik gemaak van die vlag van Egipte en die vlag van die Verenigde Koninkryk wat altyd gelyktydig vertoon is met die Britse vlag wat voorkeur geniet het.[6] ’n Rangvlag vir die Britse goewerneur-generaal van Soedan het wel bestaan. Dit was soortgelyk aan die goeweneur-generaalsvlae en kommissarisse van ander Britse oorsese gebiede en het bestaan uit ’n Unievlag met ’n wit skyf in die middel waarin die gebied se wapenskild was, met die skyf wat omring was deur ’n lourierkrans. Aangesien geen wapenskild vir Anglo-Egiptiese Soedan bestaan het nie, het die woorde “Goewerneur-generaal van Soedan” in die wit skyf gestaan. 1956–1970 vlagMet onafhanklikheid van Egipte en die Verenigde Koninkryk op 1 Januarie 1956 het Soedan ’n blou-geel-groen driekleur as nasionale vlag aangeneem. Hierdie vlag was tot 1970 in gebruik toe die huidige vlag aanvaar is.[7] Ander vlae
Soortgelyke vlae
Verwysings
Eksterne skakels
|