Wolframkarbied
Wolframkarbied is 'n chemiese verbinding van wolfram en koolstof met 'n formule WC VervaardigingDie wêreldproduksie word op 15 000 tot 20 000 ton/jaar geraam. Die materiaal kan uit die elemente vervaardig word: Indien 'n mengsel van koolstof en wolframpoeier in 'n koolstofbuis of hoogfrekwente oond tot ~2800 °C verhit word, kan 'n stuk van die materiaal verkry word, maar daar word gewoonlik poeiers met 'n bepaalde korrelgrootte verkoop.[1] StruktureWC het twee modifikasies. Die hoëtemperatuurvorm het die kubiese halietstruktuur (B1 in strukturbericht-klassifikasie). Altwee atome is deur ses ander atome omring in 'n oktaëdriese omgewing. Die laetemperatuurvorm het 'n heksagonale struktuur wat van die heksagonale digpakking afgelei kan word deur sy ...ABAB... lae afwisselend deur wolfram(A)- en koolstof(B)-lae te beset. Die omringing is trigonaal prismaties. [2] Dit is die argetipe van die strukturbericht se Bₕ-struktuur.[3] EienskappeWolframkarbied is onoplosbaar in water en verdunde sure, maar dit vorm oplosbare soute met HNO3 en HF Die materiaal is uiters hard (9 -9,5 (Mohs), vergelykbaar met korund) en kan by baie hoë temperature gebruik word. [4] Verwysings
|