Wolfram(VI)oksied
Wolfram(VI)oksied of wolframtrioksied is een van die oksiede van wolfram. Dit het 'n formule WO3 en is 'n baie onoplosbare, termies stabiele bron van wolfram vir die verwerking in glas, optiese en keramiese toepassings.[2] Dit kan in sterk basis opgelos word en wolframaat vorm. Dit is 'n geel poeier wat ook as pigment gebruik word. WO3 is stabiel in waterige oplossings. Dit is 'n halfgeleier met 'n indirekte bandgaping van 2,7-2,8 eV. Dit absorbeer lig tot ongeveer 500 nm in golflengte. Sy mobiliteit vir h+-gate is ongeveer 150 nm, wat taamlik gunstig is. [3] StruktuurDie oksied het 'n struktuur wat van die kubiese ReO3- struktuur is afgelei en aan die perovskiet-struktuur verwant is. Wolfram is in 'n oktaëdriese omringing en die oktaëders deel hoeke met mekaar. Afhanklik van die temperatuur ondergaan die struktuur 'n reeks oorgange:[4]
Substoigiometriese vormsWO3 is die oksied met wolfram in sy hoogste oksidasietoestand, maar daar is ook laer substoigiometriese oksiede soos WO2,72 of W18O49. Sy struktuur het ook oktaëders wat rande deel, maar dit volg min of meer dieselfde reeks fase-oorgange. Hierde substoigiometriese vorm is 'n gemengdevalensieverbinding en kan in die vorm van nanodraadjies vervaardig word met baie interessant eienskappe.[4] SlimvenstersWolfram(VI)oksied is veral bekend as 'n materiaal wat elektrochromiese eienskappe vertoon en wat toepassing vind in 'slimvensters', vensters wat se kleur en deursigtigheid elektronies verander kan word. Hierdie eienskap is die gevolg van die feit dat WO3 interkalasie kan ondergaan onder invloed van 'n aangelegde elektrochemiese spanning. Die stof verander hierdeur van sy 'verbleekte' stoigiometriese vorm in 'n gekleurde interkalaat met gemengde oksidasietoestande, 'n sg. gemengdevalensieverbinding:[5] Die geïnterkaleerde ione M+ is gewoonlik H+, Li+ of Na+. Die kleur is 'n gevolg van die teenwoordigheid van gemengde valensies W5+ en W6+ of -anders gesien- die teenwoordigheid van talle elektrone in die geleidingsband wat die stof tot 'n ontaarde halfgeleier maak. Die elektrochromiese reaksie is omkeerbaar dus kan die optiese absorpsie-eienskappe soos 'n mens wil verander word. Hierdie eienskappe stel 'n mens in staat om 'n venster slim te laat reageer op die omstandighede buite, byvoorbeeld om die huis bedags teen baie helder sonlig te beskerm maar soggens en saans die lig toe te laat. Verwysings
|