Wolframaat
'n Wolframaat of eintlik 'n ortowolframaat is 'n anorganiese verbinding wat die komplekse ioon WO2−4 bevat. Wolfram het hier sy hoogste oksidasietoestand W(VI). Die ioon het 'n tetraëdriese struktuur. Wolframate is algemeen taamlik onoplosbaar. Oplossings wat die tetraëdriese WO2−4-ioon bevat kan nogtans vervaardig word deur die suiwer wolfram(VI)oksied WO3 in oplossings van 2 M natriumhidroksied op te los. Barré et al.[4] het die spesies in oplossings met 0,2 - 1,0 M sulfaat met 4M swawelsuur getitreer en gevind dat die ortowolframaatioon stabiel is in basiese oplossings. By pH<7 word daar 'n neerslag van WO3 gevorm volgens: Hierdie reaksie is nogtans erg traag. Die produk bly aanvanklik as WO3.nH2O in suspensie. Ortowolframaat is in die Raman-spektrum herkenbaar aan sy absorpsie by 930 cm-1. Swakker bande verskyn by 830 en 320 cm-1. In die vastestof K2WO4 is bande by 925, 823, en 350 cm-1 gevind. Die verskille kan deur die verskille in koördinasie verklaar word. Daar bestaan ook oligomere en polimere para-, iso-, meta- en poliwolframate, soos die natriumparawolframaat Na10W12O41.28H2O. Die ortowolframaatioon is nogtans waarskynlik die belangrikste oplosbare spesies vir die geologiese vorming van wolframminerale[5] Verwysings
Sien ook |